South Cape Coins op Mosselbaai is een van die belangrike handelaars in skaars goue munte met veertien jaar ervaring in die bedryf. South Cape Coins spesialiseer slegs in munte wat deur die Professional Coin Grading Service (PCGS) en Numismatic Guaranty Corporation (NGC) gegradeer is – die wêreld se twee toonaangewende onafhanklike graderingsmaatskappye. South Cape Coins spesialiseer in die samestelling van skaars muntportefeuljes deur beleggingsgraadmunte vir die oordeelkundige belegger wat portefeuljediversiteit en ‘n potensieel hoë koers van kapitaal-opbrengs verlang. Aan elke kliënt word ‘n makelaar toegeken wat aan hom of haar persoonlike diens lewer. Dit sluit ‘n volledige ontleding van beleggingsbehoeftes, aanbevelings en portefeulje opdatering, asook enige tersaaklike inligting in. Met South Cape Coins se kundige advies kan die belegger seker wees van die beste transaksies wat by hul vereistes en begroting pas.
Source: http://www.ontbytsake.co.za/Pages/Sakegemeenskap/Algemeen/South%20Cape%20Coins